About



Photo taken by Ezelle Louw (Lupa Photography) and edited on www.photofacefun.com (so much fun!)
Toe ek my aanstaande skoonsuster hier in Ceres ontmoet, het ek vir haar gesê sy lyk vir my bekend. 

Ons het vinnig vasgestel dat beide van ons in die Somerset-Wes / Strand omgewing grootgeword het en selfs gemeenskaplike vriende gehad het. Ek en Angelique is beslis met goeie rede oor mekaar se paadjies gestuur.

Gedurende `n naweek in Kleinbaai met die winter buite en baie rooiwyn binne het ek, Angelique, Christo en Pierre besluit dat ons moet doen wat ons gelukkig maak.

Die reis tot hier was lank en exciting en ek sien uit na nog baie kreatiewe avonture saam met my skoonsus. Ons families ondersteun ons so baie en glo in alles wat ons doen, so ons kan nie anders as om ons liefde vir alles wat mooi is met julle te deel nie!

Hoera!

Elette

No comments:

Post a Comment